+
÷
×

WISKUNDIG

Wiskunde Skool · Wierdapark

Professionele Wiskunde-klasse vir Graad 1 tot 12.
Ons bou vertroue, begrip en uitstekende punte.

Oor Ons

Wiskunde wat sin maak

By Wiskundig glo ons dat elke leerder die vermoë het om Wiskunde te bemeester — hulle benodig net die regte begeleiding en 'n onderwyser wat omgee.

Wiskundig bied klasse vir leerders van Graad 1 tot 12 aan. Klasse bestaan uit klein groepe van maksimum 6 kinders. Of jou kind sukkel met basiese begrippe of gereed is om 'n wenner-matriekpunt te behaal — ons pas aan by die leerder se behoefte.

Ons is geleë op die hoek van Stranger Ave en Estcourt in Wierdapark, en verwelkom leerders van alle skole en vlakke.

12 Grade
2021 Gestig
100% Fokus op Wiskunde
Passie vir onderwys

Ons Klasse

Graad 1 tot Graad 12

🔢
Graad 1 – 3
Grondslagfase
  • Basiese getallebegrip & tel
  • Optelling & aftrekking
  • Vermenigvuldiging & deling
  • Breuke & getalpatrone
  • Vorms & probleemoplossings
📐
Graad 4 – 7
Intermediêre Fase
  • Getalbegrip
  • Meetkunde & meting
  • Breuke & Desimale
  • Data hantering
  • Finansiële wiskunde
📊
Graad 8 – 12
Senior Fase / Matriek
  • Algebra, funksies & finansies
  • Trigonometrie
  • Differensiaalrekene
  • Analitiese & euklidiese meetkunde
  • NSC & Alpha Wiskunde voorbereiding

Ontmoet die span

Die mense agter Wiskundig

Marnit Symington
Stigter · Hoërskool Wiskunde

Marnit is 'n senior Wiskunde-tutor met 'n B.Sc graad in Chemie en 7 jaar se ondervinding. Hy spesialiseer in Graad 8–12 Wiskunde en fokus daarop om leerders se selfvertroue en vaardighede te ontwikkel.

Sy praktiese, "hands-on" onderrigstyl help leerders om selfstandig te werk en konsepte werklik te verstaan. Hy glo sterk dat konsekwente oefening die sleutel tot sukses is.

Carla Symington
Mede-Stigter · Laerskool Wiskunde

Carla het 'n B.Ed graad in Intermediêre Fase Wiskunde & Wetenskap en bring meer as 10 jaar se ondervinding saam. Sy lei die laerskoolafdeling van Wiskundig en spesialiseer in Graad 1–7 Wiskunde.

Met 'n leerdergesentreerde benadering fokus sy daarop om elke kind se unieke behoeftes te verstaan en Wiskunde prakties en verstaanbaar te maak.

Kontak

Kom praat met ons

Laerskool (Gr 1–7) — Carla
Telefoon / WhatsApp 071 643 0245
Hoërskool (Gr 8–12) — Marnit
Telefoon / WhatsApp 084 273 5790
Stuur 'n vinnige boodskap