Wiskunde Skool · Wierdapark
Professionele Wiskunde-klasse vir Graad 1 tot 12.
Ons bou vertroue, begrip en uitstekende punte.
Oor Ons
By Wiskundig glo ons dat elke leerder die vermoë het om Wiskunde te bemeester — hulle benodig net die regte begeleiding en 'n onderwyser wat omgee.
Wiskundig bied klasse vir leerders van Graad 1 tot 12 aan. Klasse bestaan uit klein groepe van maksimum 6 kinders. Of jou kind sukkel met basiese begrippe of gereed is om 'n wenner-matriekpunt te behaal — ons pas aan by die leerder se behoefte.
Ons is geleë op die hoek van Stranger Ave en Estcourt in Wierdapark, en verwelkom leerders van alle skole en vlakke.
Ons Klasse
Ontmoet die span
Marnit is 'n senior Wiskunde-tutor met 'n B.Sc graad in Chemie en 7 jaar se ondervinding. Hy spesialiseer in Graad 8–12 Wiskunde en fokus daarop om leerders se selfvertroue en vaardighede te ontwikkel.
Sy gunsteling tema is funksies, en sy praktiese, "hands-on" onderrigstyl help leerders om selfstandig te werk en konsepte werklik te verstaan. Hy glo sterk dat konsekwente oefening die sleutel tot sukses is.
Marnit se doel is om deur Wiskunde 'n positiewe bydrae te lewer tot die ontwikkeling van selfversekerde, bekwame jongmense — die toekomstige leiers van Suid-Afrika.
Graad 8–12 B.Sc Chemie 7 jaar ondervindingCarla het 'n B.Ed graad in Intermediêre Fase Wiskunde en Wetenskap en bring meer as 10 jaar se ondervinding saam. Sy lei die laerskoolafdeling van Wiskundig en spesialiseer in Graad 1–7 Wiskunde.
Met 'n leerdergesentreerde benadering fokus sy daarop om elke kind se unieke behoeftes te verstaan. Daaruit maak Carla Wiskunde prakties en verstaanbaar. Haar liefde vir die vak en persoonlike betrokkenheid help leerders om selfvertroue en 'n positiewe houding teenoor die vak te ontwikkel.
Haar visie is dat kinders Wiskunde van 'n jong ouderdom af sal verstaan, geniet en met selfvertroue sal presteer.
Graad 1–7 B.Ed Wiskunde & Wetenskap 10+ jaar ondervindingPryse
Kontak
Laerskool (Gr 1–7) — Carla
Hoërskool (Gr 8–12) — Marnit